Sunday, 28 August 2016

Haal die HOOFPYN uit SIGWOORDE

Ek gaan 4 tegnieke gee wat moontlik kan help om die hoofpyn uit sigwoorde te haal.

Die eerste is 'n lekker  speletjie wat kan help om die moeiliker woorde vas te lê. Dit word gespeel met 2 maatjies en dieselfde reëls as kringetjies en kruisies word gebruik. Dit werk baie goed omdat sigwoorde die beste vasgelê word deur herhaling! 
Liezel skryf die woord huisie.
Bella skryf die woordjie spring.

Die tweede tegniek is om die sigwoorde wat gelees moet word te kategoriseer in klanke wat bymekaar pas, soos al die a-klanke, ui-klanke, -ng-klanke bymekaar. Gee die klank 'n kleur. Wanneer jou kind die patroon herken dan maak die brein konneksies wat die lees van sigwoorde vergemaklik. Soos julle kan sien het sy die nuwe sigwoorde-blad haar eie gemaak deur hartjies by te teken en dit te versier.

Graad 1 se 3de kwartaal sigwoorde. Links is die gewone lys en regs is ons gekategoriseerde lys. 


Die derde tegniek is 'n sensories motories tegniek. Ek het hierdie tegniek van Marianne Sunderland gekry. Sy het ook 'n video op vimeo gelaai waar sy haar seun op hierdie tegniek leer. 'n Hele paar ouers wat die tegniek getrou gedoen het, het baie sukses behaal met hul kinders.

How to Teach Sight Words from Marianne Sunderland on Vimeo.

Die vierde tegniek is deur die brein spesialis, Fritz Mengert, ontwikkel.  Deur die rooi kolletjie in die middel van die woord te plaas help dit om die kind se aandag na die middel van die woord te skuif eerders as na die begin van die woord.


Kinders is geneig om impulsief na die eerste deel van die woord te kyk en dan die res van die woord te raai. Die rooi-kolletjie help om te onderskei tussen woorde wat baie dieselfde lyk. 
 

Die rooi-kolletjie kan ook help om meer vloeiend te lees.

Sterkte! Hoop hierdie wenke help.

Groete
Marinda

No comments:

Post a Comment